21 My gunstelinge
- Ansu Human
- Oct 29, 2021
- 1 min read
Updated: Feb 24, 2022
My donkie kussing -
vir lekker melktyd
wat omsit in ‘n vleisnekkie,
voulyne op my bene
vol wange
om te vat en soen!

Sophie die kameelperd -
verwonderd kry ek kry greep
vat vas en bring na my mond
vir tandetroos!

My skapies -
my happy plekkie
waar my doek geruil word,
ekstra woorde en koester is,
my oë links en regs kan
en waar ek praat-lag!

#OmnOumateis #OumaWees #Oumaskap #MyGunstelinge #Baba #KleinSeun #DonkieKussing #Kussing #SophieDieKameelperd #Kameelperd #Skapies #HappyPlekkie #Lag #Verwonderd #TandeTroos #Soen #Liefde
תגובות