36 Trappe klim
- Ansu Human
- Aug 24, 2022
- 1 min read
Updated: Oct 10, 2022
"Mooi-Mooi!
Kyk hoe klim jy op jou eie die trappe tot bo!
Ai-Ai!"
"Vat vyf Ouma!
Én Ouma, as ek dit nie regkry nie –
sal jy nogsteeds lief wees vir my?"
"Kom hier jou Rakker-Akker!
Verseker sal ek nog lief wees vir jou!
Om die leer te klim -
(Ouma dit is ‘n pun!)
is iets wat jy doen,
óf jy nou suksesvol is óf nie –
dit definieer nie wie jy is nie,
jou Rakker-Akker!"
"Aah dankie Ouma!
Ek is lief vir jou!"


Comentarios