My groot spiere werk saam -whoopah!
ek kan sit, staan en weer sit!
hande-vashou-loop is Cool -
kyk hoe lyk ek nou!
ek hoor my pa gebruik
die woord ‘balans’
in balansstaat (mmm….)
en my ma se oë
praat ‘balans’
as sy daai kyk gee (vir my pa…)
maar vir my gaan BALANS
oor daai eerste treë
op my eie – JIPPEE!
Comments