43 Ek wonder……
- Ansu Human
- Jul 27, 2023
- 1 min read
‘Ouma?’
‘Ja, my Sushi?’
‘Jy weet my 2’de verjaardag is naby?’
‘Ja, my Sushi?’
‘Met my 1’ste verjaardag het jy vir my ‘n balanseer fietsie gekoop’.
‘Ja, my Sushi?’
‘Die fietsie pas nou eers en my voete raak nou eers die grond!’.
‘Ja, my Sushi?’
‘Ek wonder………’
‘Ja, my Sushi?’
‘Ouma, jy skuld my nog my 1’ste verjaardag persent!’


Comments