Goeiste!
Hoe gebeur dit dat ‘n kleine gesiggie-lyfie so
*googol met die wonder van ‘n Ouma en Oupa
se hartsnaar getalle!
én die raak-sien kyk,
die glimlag,
die respons
jy is ons *gondellied
jou hartedief!
*googol - die getal met die waarde van 10 tot die mag 100, uitgeskryf as die getal 1 gevolg deur 100 nulle
*gondellied – plesierige bootlied, gesing deur die gondeliers van Venesië wanneer hulle rondvaar
Comments