15 Burp-burp
- Ansu Human
- Aug 29, 2021
- 1 min read
Updated: Feb 24, 2022
My pa slaan my rug
dat my wange dril;
my ma kielie en hop;
my ouma het vergeet;
my oupa smile net -
en ek het 'n blou lip
met knieë wat oor my ore hak!
Kyk mense, so doen jy dit:
my beste posisie is regop -
oor die skouer óf sittende
én dan vryf/tap-tap julle aan die linkerkant van my rug (waar my magie is) daai lug-sluk uit my!
Buuurp!
Askies!


コメント