top of page
Writer's pictureAnsu Human

1 My beste geskenk

Updated: Feb 16, 2022

by geboorte het hy 3.760 kg geweeg

nou stoei hy om die naald onder 100 te hou -


mmm...


het jy al die blink en die lig in sy hare gevind;

die son en sluier in sy oë gepen -

dit rimpel om sy voorkop tot in die hoekies van sy mond


Yay!


in sy nek en skouers is daar baie plek vir lag en huil.


hy hou van s(t)out meer as soet


hy Glo en droom

en deel die gangetjies van sy hart


het jy al aan die merkies en vlekkies geraak wanneer sy hande saam gesels


sy hartklop is sterk vir dit wat reg en goed

en waar en edel en prysenswaardig is


wanneer hy jou hand vat sal jy meer kan wees


ek Gee hom vir jou met my hart en kop en soveel blydskap

op hierdie dag van 15 Augustus 2013!


Veels geluk en happy-happy birthday!


Ek wens jou toe 'n dag voel warmte, liefde en bederf!


Liefste Ammi en wanneer jy hom nie meer wil hê, vat ek hom nie terug nie, jy

moet maar hom net aanskuif!




33 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page