top of page

35 Ek maak my ouma skaam

My ouma is ongemaklik, verleë

in die koffiewinkel –

want ek raak baie opgewonde (skree soos ‘n kraai!)

oor patisserie, boulangerie en viennoiserie

nou sien en ruik ek in raaisels

maar eendag wanneer ek groot is

vat ek haar om te fees

op ‘n sypaadjie kafee tafeltjie

met ‘n rooi geruite tafeldoek

hier in Afrika!


Comentarios


Dankie!

©2021 - Om 'n Ouma te is.

bottom of page