top of page

7 Lug en lig

Updated: Feb 24, 2022

ek beur, stoot en druk

die plek raak min

en die ongemak

is hare en myne


ek voel hoe koester

sy hande

en hoor die ekstra hoër

oktaaf in sy lag

hier kom jubilasie –

en ek lê reg

om te skree!




Comments


Dankie!

©2021 - Om 'n Ouma te is.

bottom of page