top of page

9 Primitiewe reflekse

Updated: Mar 2, 2022

Geniet en kyk uit vir die primitiewe reflekse by die baba.


Hierdie reflekse is spontaan en gebeur outomaties. Dit is deel van die baba se instinktiewe wil om te oorleef!


Dit begin alreeds in die baarmoeder ontwikkel (‘n natuur wonder!) en wanneer die baba sy eerste asemteug neem en skree skop hierdie primitiewe reflekse in.



Suig- of wortelrefleks – gebeur wanneer die area naby die baba se mond aangeraak word en daar ‘n natuurlike reaksie by die baba is om te wil drink.


Die Moro-refleks - gebeur wanneer die baba skrik, hulle maak hulle nekke styf en maak hulle bene en arms reguit en huil lekker. Toets dit oordeelkundig so – ondersteun die baba met jou een hand en vingers onder sy/haar nek en met die ander hand hou jy die boude en rug vas. Versigtig, tog geleidelik, vinnig tilt jy die baba na onder – en daar is jou moro refleks! Hierdie willekeurige refleks is die baba se manier om te oorleef.


Die trap- of looprefleks - hou die baba onder die armholtes in ‘n staande posisie vas en sien hoe natuurlik gee hy/sy ‘n tree vorentoe! Magic! Dit is die voorbereidingsproses om te kan loop.


Die greep en palmar refleks - plaas jou vinger in die holte van die baba se hand en voel hoe sterk is die greep, of raak bietjie aan die baba se voetsole en kyk hoe krul sy tone na binne.


Die asimmetriese of toniese nekrefleks - wanneer die baba op sy/haar rug lê en die kop na links gedraai word, skiet die linkerarm uit en die regterarm word na die kop gelig in min of meer ‘n L-vorm. En wanneer die baba se kop na regs gedraai word, skiet die regterarm uit en die linkerarm word na die kop gelig in min of meer ‘n L-vorm – magic! Die baba ontdek sy/haar hande en hier begin hand-oog koördinasie!


Die regterfleks - wanneer 'n kombersie byvoorbeeld liggies oor die baba se gesig beland sal jy sien dat die baba se kop en arms heen en weer beweeg om ontslae te raak van die kombers. Die baba het 'n willekeurige instink om asem te kan haal en hierdie refleks gebeur outomaties. Hierdie regterfleks respons gebeur ook wanneer die baba regop sit en indien hy/sy bietjie na die een kant toe gedruk word, word outomaties ‘n hand uitgesteek om die val te keer.


Die tongreflek - wanneer 'n voorwerp, soos ‘n lepeltjie, aan die baba se mond raak sal die tong outomaties na vore kom. Dit beskerm die baba om nie sommer te verstik nie. Die baba se tong druk outomaties na vore teen die lepeltjie wat na die baba se mond toe kom.


Bogenoemde is ‘n paar reflekse wat as voorbeelde gegee is en hulle funksies word

willekeurig deur die brein beheer en verdwyn wanneer die baba so ses tot sewe maande oud is. Hierdie reflekse integreer dan met meer komplekse bewegingspatrone wat aangeleer word. Meer daarvan later!



78 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page