2 Twee wêrelde
- Ansu Human
- Jul 3, 2021
- 1 min read
Updated: Feb 24, 2022
Hier is nie arbitrasie -
twee kontinente se insnydings vat raak
en maak meer
rondom julle is daar
'n groot skare
wat kyk en hoop
vir die vooruitsigte van vreugde
gooi elke las neer
en hardloop deur die moddertye
en woestynstiltes
rondom julle is daar
'n groot skare wat kyk en hoop
julle wêreld gee aftrap
na verwonderd wees
belig skaduwees
inspireer wysigings
rondom julle is daar
'n groot skare
wat kyk en hoop
want julle maak meer

Comments